Knysna Pigeon Club
Raar Maar Waar
Die voorsitter van die Knysna duiweklub het vyf jaar gelede weer n terugkeer tot die duiwe sport gemaak. Soos altyd moes alles in en om sy huis goed versorg en netjies wees.
So ook sy broeihok wat slegs ses broeipare kan huisves.
Nadat die broeipare opgepaar is het vyf van die ses wyfies binne die normale getal dae elkeen twee eiers gele. Die sesde wyfie het eers n paar dae later begin le. Die rede hiervoor sou duidelik word toe die wyfie drie eiers gele het. Daar kan geen onduidelikheid hieroor wees nie aangesien die ander vyf broeipare reeds begin broei het. Die datums waarop die eerste eier gele is word sorgvuldig aangeteken vir ingeval eiers geplaas moet word sodat die kropmelk van die voerders nie n problem sal wees nie.
Toe Johnny my vertel van die drie eiers in een nes was my eerste gedagte dat dit abnormal is en dat die broeipaar nie genoeg kropmelk sal he vir die drie kleintjies nie. Johnny was egter vasbeslote dat die broeipaar die kuikens moes uitbroei. Die gevolg was drie kleintjies in een nes. Gelukkig kon een kleintjie geplaas word en die drie het goed ontwikkel en die drieling, feitlik identies is onlangs gespeen. Die kersie op die koek sal wees indien die drie nesmaats tydens n wedvlug die eerste drie posisies in die klub en Fererasie verower. Indien dit gebeur sal Johnny vir homself n groter hemp moet koop.
Lesers se ervaring oor sortgelyke ervarings sal verwelkom word
Gert Hills.
Sekretaris.